Struktuur van die Kerkraad
Hierdie struktuur probeer die sterkpunte van die ou sisteem en nuwe tendense in ag neem. Daarom:
- is die kerkraad (wat nou bekend staan as ‘n Gemeenteraad) baie kleiner as vroeër vir meer effektiewe vergaderings en besluitneming;
- word die bedieningsgroepe ook op die Gemeenteraad verteenwoordig in blokke;
- word die wyksisteem behou, maar vereenvoudig met ‘n dienswerker in elke wyk en een ouderling per area.
Hierdie nuwe struktuur het baie voordele, maar is, soos enige stuktuur, nie perfek nie! Daarom skaaf ons gereeld aan hierdie stuktuur en was dit ook nooit ons bedoeling dat dit ‘n finale struktuur moes wees nie. Miskien is dit die sterkste punt van hierdie struktuur: ons is bereid om aan die struktuur te werk en te verander!