Bybelstudievrae: Hebreërs 3

HUISGODSDIENS/BYBELSTUDIE

LEES HEBREëRS 3 AANDAGTIG DEUR

 

1.      Waarna verwys die “daarom” in die eerste vers?  Hoekom moet ons dus “noukeurig let op Jesus”?

2.     Hoe is Jesus dieselfde as Moses?  In watter wyse is Jesus verhewe bo Moses en hoekom is hierdie tweede vraag so belangrik?

3.     Wat dink julle skeep ons vandag die meeste af: Jesus se menswees of sy Goddelike wese?

4.     Wat se implikasies het vers 13 vir mense wat sê hulle is Christene, maar hulle nie met die gemeente wil assosieer nie?  Dink jy dit is makliker om afvallig te word van die Christelike geloof as jy nie aan ‘n gemeente behoort nie?

5.     Wat beteken dit om in God se “rus” (vers 11, 18-19) in te gaan? (Matt.11:28-30)  Kan ons nog vandag God se rus ingaan en hoe kry ‘n mens dit reg?

6.     Hoe kan ons as gemeente of jy en jou Bybelstudiegroep of gesin vers 13 prakties maak?

7.     Waarna verwys die aanhaling in Psalm 95?  Hoe het die mense van Israel hul harte verhard?  Wat was die gevolge?  Wat beteken dit om weg te draai van God?

Continue Reading No Comments

Bybelstudievrae: Hebreërs 2

HUISGODSDIENS/BYBELSTUDIE:

Lees Hebreërs 2 aandagtig deur en:
1.)  Identifiseer een of twee insigte wat jou aandag vasvang en belangrik lyk vir jou.  Hoekom voel jy is dit belangrik?
2.)  Kies ‘n lewenswaarheid waaroor jy voel daar toepassing in jou lewe is.  Hoe gaan jy dit toepas?
3.)  Hoe verbind hy hoofstuk 1 en 2?
4.)  Lees Psalm 8:5-7 en Hebreërs 2:6-9.  Watter verandering bring die Hebreërskrywer aan die teks van Psalm 8 (Lees die tweede deel van Hebr. 2:8)?  Hoekom doen hy dit?  Hoe pas hy dit toe?
5.)  Lees vers 17: Wat beteken dit vir jou prakties dat Jesus in alle opsigte aan ons gelyk was?
6.)  Lees vers 18: Watter versoekings beleef jy nou waarmee Jesus kan help?
7.)  Lees weer vers 1: Wanneer is mens geneig om van die Here af weg te dryf?
 

Continue Reading No Comments

nha cai uy tin , nha cai uy tin , tap chi me va be , casino truc tuyen , casino uytin , casino totnhat , danh bai , poker online , casino , bao ve viet nam , bao ve viet nam , suc khoe , thoi trang nam 2014 , suc khoe 2014 , shop thoi trang , tin tuc thoi trang phim le , hi tech , tin cong nghe , cong nghe , thoi su , tin moi , thoi trang , the gioi smartphone , cong nghe , may tinh bang gia re , dien thoai , su kien , game mobile , nghe si viet , the gioi nhac , nha cai , dien dan bong da , best bookies, clevermart.vn , goldcare.vn , phonereview.vn , tinhangngay.vn , sieuthisachnoi.com , doctruyentranh.tv , sieuthismartphone.vn , kinhthongminh.org , thietbithongminh.tv , sieuthithietbiso.org ,