Welkom by die NG gemeente in Kirkwood

Ons lewe deur die Gees laat die Gees nou ons gedrag bepaal Gal.5:25

  • Full Screen
  • Wide Screen
  • Narrow Screen
  • Increase font size
  • Default font size
  • Decrease font size

Bazaar

Jagpakket

E-pos Afdruk PDF

Die NG gemeente Sondagsrivier (Kirkwood) loot ‘n jagpakket uit as deel van ons bazaar:

 

JAGPAKKET SCHOLTZ HUNTING SAFARI’S (www.scholtzhuntingsafaris.co.za)

1 AAND AKKOMODASIE VIR 6 PERSONE, KAN 6 SPRINGBOKKE JAG

 

EIE KOS EN DRANK MOET SAAMGEBRING WORD.

 

GELDIG TOT DESEMBER 2012

 

PAKKETWAARDE: R5000.00

 

LOOTJIE: R600.00

 

Kontak die kerkkantoor by (042) 230 0487.

Bazaar 2011

E-pos Afdruk PDF

SONDAG IS ONS HARE BLOU!

Alles het begin by 'n bazaar...

As ek nou daaraan terugdink word ek naar!

Ons het belowe:

maak R250 000 en ons hare word blou.

Ai, hoe nou...

Saterdag word ons hare gekleur.

Ek en ampie treur.

Ons vrouens se harte skeur.

Die gemeente stel ons nie teleur.

Kom kyk Sondag,

maar bewaar die een wat lag!!!

Laas Opdateer op Dinsdag, 24 Januarie 2012 09:09

Bazaar 2011

E-pos Afdruk PDF

BAZAAR 2011

Saterdag 29-10 hou ons 'n MOVIESE bazaar!  Kom 10:00 skool toe en kom sien wat ons bedoel!!!

TAFELS:  Vleis en hoender, Handgemaakte artikels, Gebottel en Gepot, Klein koekies, Groot koeke, Brood en Beskuit, Lekkers, Kerrie-en-rys, Pannekoek, Peoding, Teetuin en nog baie ander!!!

Basaar SPELETJIES: Boeresport,‘Slippy slide’,Springkasteel,Eier resies en nog baie meer!!!

UITDAGING

Hier is die uitdaging van die jaar!

Ons maak R250 000.00 tydens die Basaar op 28 en 29 Okt. en

Ds. Gawie en Ds. Ampie

kleur hul hare BLOU.

KOM NG Kerk Sondagsrivier!

Ons kan nie hierdie een deur ons vingers laat glip nie!

Bazaar

E-pos Afdruk PDF

Hierdie bedieningsgroep is jaarliks verantwoordelik vir 'n fondsinsameling.  Die afgelope paar jaar is ons bazaar vervang deur 'n tiende maand insameling wat gekoppel word aan 'n bakwa-projek waardeur sitrusboere die geleentheid kry om 'n paar bakwaens vol vrugte te gee as hul tiende.

Koördineerders: Ouboet Botes (042) 2320530 en Willem Bouwer (042) 2301255

Laas Opdateer op Dinsdag, 22 Junie 2010 13:52

Wie is hier?

Ons het 4 gaste aanlyn
You are here: Nader aan Mekaar Bazaar