Bybelstudie:
Handelinge 18
- Hoe het die Romeine oor Jesus en die boodskap oor Hom gevoel (vers 12-17)?
- Hoe sou Paulus gevoel het oor sy sending in Korinte (1 Kor. 2:3)? Hoe sou die visioen van God en die geskenk van die mense in Filippi hom laat voel het?
- Dink jy dat gewone gelowiges ook oor hul werk/besigheid moet dink as iets wat dit vir hulle moontlik maak om God se Woord te versprei? Dink ons so?
- Wat se prentjie word vir ons geskets van Priscilla en Akwila? Hoe word Apollos uitgebeeld (v.24-26)?
- Watter invloed het Apollos in Agaje en spesifiek in Korinte (v.27-28 en 1 Kor.3:4-6) gehad?
- Hoe het Priscilla en Akwila vir Apollos bygestaan? Wat vertel dit vir julle oor die rol van vroue in die Nuwe Testament?
- Hoe balanseer jou gemeente die evangelisasie van ongelowiges met die opbou en toerusting van gelowiges?








