Welkom by die NG gemeente in Kirkwood

Ons lewe deur die Gees laat die Gees nou ons gedrag bepaal Gal.5:25

  • Full Screen
  • Wide Screen
  • Narrow Screen
  • Increase font size
  • Default font size
  • Decrease font size

Bybelstudie

Bybelstudie: Johannes 1

E-pos Afdruk PDF

Bybelstudie:

Johannes 1

  1. Waarom begin dié evangelie heel by die begin, by die skepping, en nie net by Jesus se geboorte nie?
  2. Wat kan ons alles van die “Woord” sê vanuit hierdie eerste paar verse?
  3. Wat, dink julle, bedoel Johannes met die “Lam van God” (v.29, Eks.12:1-13, Jes.53:7), die “Seun van God” (v.34) en die “Seun van die mens” (v.51)? Watter een van hierdie beskrywings van Jesus beteken vir jou die meeste? Hoekom?
  4. Waarom sou Jesus vir Filippus en Natanael op sulke verskillende maniere roep?
  5. Wat beteken vers 48 – dat God alles van jou weet – vir jou?
  6. Waarom volg jy vir Jesus?

Bybelstudie: Kolossense 2

E-pos Afdruk PDF

Bybelstudie:

Kolossense 2

  1. Wat beteken dit prakties om “in verbondenheid met Hom (Jesus) te lewe” (v.6)? (Vergelyk ook 1:10-11)
  2. Wat is die uiteinde daarvan as jy probeer om jou verhouding met God te bou op allerhande reëls en regulasies?
  3. Watter byvoegsels tot die geloof het jy al teë gekom – dinge wat jou “meer geestelik” sal maak?
  4. Kan wette en regulasies in godsdiens werklik jou hart verander?
  5. Watter godsdienstige wette hou jou weg van ‘n lewende verhouding met God?

Bybelstudie: Rut 1

E-pos Afdruk PDF

Bybelstudie:

Rut 1

  1. Wie se “skuld” is dit dat Naomi in hierdie vreemde land is en dat haar man en seuns hier sterf?
  2. Waarom het die Israeliete nie van die Moabiete gehou nie (vgl. Gen.19:30-38; Num.25:1-3; Deut.23:2-4)?
  3. Gegewe die sosiale omstandighede, waarom sou Naomi vir Orpa en Rut sê om eerder by hul eie mense te bly?
  4. Beide Rut (v.16-17) en Naomi (v.20-21) verklap hul beeld van God in hierdie hoofstuk. Watter waarheid dra elkeen oor God oor? Dink julle vandag nogsteeds so oor God? Indien nie, waarom nie?
  5. Is Naomi, Orpa en Rut pionne in God se plan met hul lewens of het hulle self keuse daarbinne? Hoe sluit ons plan vir ons lewe aan by God se plan vir ons lewe as ons na hierdie verhaal kyk?

Bybelstudie: Kolossense 1:24-29

E-pos Afdruk PDF

BYBELSTUDIE OOR KOLOSSENSE 1:24-29

 

1.   Probeer in jou eie woorde saamvat wat hierdie gedeelte wil sê. Hoe ervaar jy hierdie gedagtes? Is dit byvoorbeeld nuut, bekend, troosryk, betekenisvol, of wat?

 

2.   Hoekom dink jy noem Paulus hier die evangelie ‘n geheimenis?

 

Wat is die geheim? (vers 26-27).

 

3.   Wat is volgens jou geestelike volwassenheid? (vers 28, kyk of of hoofstuk 3:12-17 julle daarmee kan help.)

 

4.   Wie moet almal tot geestelike volwassenheid kom? (vers 28)

           

Hoeveel mense ken jy wat geestelik volwasse is?

 

5.   Kan ek iemand verander? (vers 29)

           

Wat is my taak?

 

6.   Formuleer as groep ‘n gebed volgens hierdie gedeelte…

Bybelstudie: Kolossense 1

E-pos Afdruk PDF

Bybelstudie:

Kolossense 1

  1. Watter eienskappe van die gelowiges in Kolosse spreek vir Paulus aan?
  2. Waarom, dink julle, is geloof en liefde die produkte van hoop (v.5)?
  3. Wanneer is jy vir die eerste keer aangespreek deur die hoop wat Christus in die evangelie aan ons gee?
  4. Hoe kan God se genade verdraai word (v.6 – “genade... soos dit werklik is.”)? Kan ‘n mens dit te veel beklemtoon of onderbeklemtoon, dit goedkoop maak of te duur? Wat dink julle (vergelyk vers 12-14)? Wat is die genade en hoe word dit vandag verdraai?
  5. Hoe stem Paulus se gebed vir die gelowiges in vers 9-11 ooreen met waarvoor hy vir God dank in vers 12-14?
  6. Hoe is die vrug van hoop, geloof en liefde besig om te groei in jou lewe?

JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL

Wie is hier?

Ons het 2 gaste aanlyn
You are here: Nader aan God Bybelstudie