Welkom by die NG gemeente in Kirkwood

Ons lewe deur die Gees laat die Gees nou ons gedrag bepaal Gal.5:25

  • Full Screen
  • Wide Screen
  • Narrow Screen
  • Increase font size
  • Default font size
  • Decrease font size

Uitreik

Kirkwood 100

E-pos Afdruk PDF

 

KIRKWOOD EEUFEES

Kirkwood vier die naweek van

21-24 Sept. sy eeufees.

Die program is as volg:

  1. Vrydag 21 Sept. – KWD Storieaand in die Hoërskool Ondersteunersklub
  2. Saterdag oggend 22 Sept. – Optog van vlotte en ou voertuie deur die dorp. ALMAL welkom om deel te neem.
  3. Saterdag middag 22 Sept. – Rugby en Sokker
  4. Saterdag aand 22 Sept – Burgermeestersdinee

Kontak:

Stef Delport 082 657 1960 of Ds. Ampie Swanevelder 042 230 0724 / 082 428 4943 vir meer inligting

Kirkwood se Eeufees -  1912  - 2012

Waar die Sondagsrivier vallei 200 jaar gelede die toneel was van bloedige grens-oorloë tussen al die etniese groepe van Suid-Afrika en ‘n eeu gelede nog hewige gevegte tussen Boer en Brit beleef het, vorm dit vandag die prentjiesmooie sitrusspens van die Ooskaap met Kirkwood as hoofdorp. Kirkwood vier vanjaar sy eeufees om sy stigting honderd jaar gelede te herdenk.

Die Sondagsrivier Vallei was rondom 1800 die oosgrens van die Kaapkolonie en is een van die min plekke in Suid-Afrika waar al die etniese groepe van ons land teen mekaar oorlog gemaak het. Khoi teen Xhosa, Khoi en Xhosa teen Boer en Brit en uiteindelik Boer teen Brit. Vir mekaar, oor mekaar en teen mekaar op verskillende periodes van ons geskiedenis.

Gedurende die Anglo-Boere oorlog het Genl. Smuts en sy kommando van 250 man hier verbygetrek as deel van hul epiese tog na die noordweste. Die drie burgers wat die verste suid gedurende die oorlog gesneuwel het, is hier op die plaas Brakkefontein van Cecil John Rhodes, doodgeskiet. Arri van Onselen en Henri Rittenberg lê begrawe in die Kariega begraafplasie langs die teerpad na Jansenville, terwyl Cornelius Vermaas op Uitenhage herbegrawe is. ‘n Hewige veldslag het daarna op die ou Bedrogsfontein-pas plaasgevind.

Laas Opdateer op Maandag, 10 September 2012 12:34

Uitreik

E-pos Afdruk PDF

Hierdie groep ondersoek maniere waarop ons betrokke kan raak in die gemeenskap en fokus tans op meer betrokkenheid by ons plaaswerkers.

Koördineerder:  Morné van Tonder

Wie is hier?

Ons het 1 gas aanlyn
You are here: Nader aan die Koninkryk Uitreik