Welkom by die NG gemeente in Kirkwood

Ons lewe deur die Gees laat die Gees nou ons gedrag bepaal Gal.5:25

  • Full Screen
  • Wide Screen
  • Narrow Screen
  • Increase font size
  • Default font size
  • Decrease font size

NGK Kirkwood

Kleinpoort ete

E-pos Afdruk PDF

Gemeente ete te Kleinpoort

Op die 02de Junie om 12:00 is daar 'n HEERLIKE ete op Kleinpoort (60 km vanaf Krikwood op die Graaff-Reinet pad).

Die spyskaart is onverbeterlik:

Karoo-Skaaptjops, Wors, Slaaie te kies en te keur, heerlike roosterkoek, poedings, drinkgoed en nog vele meer!

Dit ALLES vir net R100 per volwassene, R50 vir laerskool kinders en gratis vir voorskoolse kinders.

Plek is beperk, so moenie op jou laat wag nie! Kaartjies is beskikbaar by die Kerkkantoor.

I-Net Bybelstudie

E-pos Afdruk PDF

Kom word deel van hierdie unieke Bybelstudiegeleentheid!

Ons lees elke week, vir 'n week lank, dieselfde hoofstuk van 'n Bybelboek.  Elke dag deel ons met mekaar hoe die Heilige Gees met ons gewerk het deur 'n e-pos te stuur wat dan in die groep versprei word.  Die erediens Sondag sal dan ook op dié Skrifgedeelte fokus.

 

Hierdie week lees ons die laaste hoofstuk wat hier verskyn saam met die Bybelstudievrae.

 

Vir die vorige 7 dae se bydeaes kan jy HIER GAAN LEES!

Kontak enige van die dominees vir verdere besonderhede.

Laas Opdateer op Dinsdag, 21 Mei 2013 06:32

Bybelstudie: Johannes 1

E-pos Afdruk PDF

Bybelstudie:

Johannes 1

  1. Waarom begin dié evangelie heel by die begin, by die skepping, en nie net by Jesus se geboorte nie?
  2. Wat kan ons alles van die “Woord” sê vanuit hierdie eerste paar verse?
  3. Wat, dink julle, bedoel Johannes met die “Lam van God” (v.29, Eks.12:1-13, Jes.53:7), die “Seun van God” (v.34) en die “Seun van die mens” (v.51)? Watter een van hierdie beskrywings van Jesus beteken vir jou die meeste? Hoekom?
  4. Waarom sou Jesus vir Filippus en Natanael op sulke verskillende maniere roep?
  5. Wat beteken vers 48 – dat God alles van jou weet – vir jou?
  6. Waarom volg jy vir Jesus?
  • JoomlaWorks Simple Image Rotator
  • JoomlaWorks Simple Image Rotator
  • JoomlaWorks Simple Image Rotator
  • JoomlaWorks Simple Image Rotator
  • JoomlaWorks Simple Image Rotator
  • JoomlaWorks Simple Image Rotator
  • JoomlaWorks Simple Image Rotator
  • JoomlaWorks Simple Image Rotator
  • JoomlaWorks Simple Image Rotator
  • JoomlaWorks Simple Image Rotator
  • JoomlaWorks Simple Image Rotator
  • JoomlaWorks Simple Image Rotator
  • JoomlaWorks Simple Image Rotator
  • JoomlaWorks Simple Image Rotator
  • JoomlaWorks Simple Image Rotator
  • JoomlaWorks Simple Image Rotator
  • JoomlaWorks Simple Image Rotator
  • JoomlaWorks Simple Image Rotator
  • JoomlaWorks Simple Image Rotator

Wie is hier?

Ons het 3 gaste aanlyn
You are here: Tuis