Bybelstudie – 2 Sam 1:17-27 “Hoe het die helde geval”

Inleiding

  • Gesels bietjie oor die groot volkshelde en sporthelde wat julle uit die verlede kan onthou
    • Wat het hulle reggekry, watter invloed het hulle op hulle gebied gehad?
  • Hoeveel van hierdie helde het nogsteeds relevansie, het altyd met integriteit opgetree, is nooit by enige skandale betrokke nie ens.

Teks

  • Lees saam 2 Samuel 1:17-27
  • Wat is jou eerste indruk van die teks?
  • Vanuit die teks uit sowel as jou kennis oor Dawid se lewe en ook Israel se verskeie ondernemings, wat kan jy aflei was die politieke klimaat waarin hierdie lied geskryf is?
  • Wat was Dawid se bedoeling met die refrein: “Hoe het die helde geval?”
    • Het dit net oor Saul en Jonathan gegaan of was daar ’n dieper boodskap daarin?

Toepassing

  • Tot watter mate stem die huidige politieke klimaat in SA ooreen met dié van 2 Samuel 1?
  • Watter emosies en reaksies wek die huidige stand van sake in SA by jou?
  • Wat is die dinge waarna mense gryp om sekerheid, standvastigheid en hoop te wek in hierdie tye?
  • Tot watter mate sou jy saamstem dat Jesus die enigste standhoudende ankerpunt vir ons hoop is?
    • Wat sou dit prakties vir ons lewens beteken? Met ander woorde, hoe lyk jou lewe anders wanneer Jesus die ankerpunt is van jou hoop, teenoor byvoorbeeld materiële sekerheid of politieke aktivisme?

Uitdaging

  • Dink as groep na oor hoe julle op grondvlak in ons gemeenskap deur ’n projek of ’n aksie, ’n verskil in iemand of ’n groep mense se lewens kan maak
    • om rasseverhoudings te verbeter, om sosio-ekonomiese omstandighede te verbeter, om dissipelskap te kweek ens.

Ons sal graag terugvoer wil hê oor julle projek en moontlik die gemeente daarby betrokke wil kry

Continue Reading No Comments

Bybelstudie – 1 Tim 6:17-18 – Hoe om ryk te wees

Instelling

  • Steek ’n kers op as teken van Jesus se teenwoordigheid in julle midde
  • Laat elkeen ’n ‘offergawe’ voor die kers neerlê (kan geld wees of ’n besitting wat vir jou baie waarde het), as ’n simboliese handeling dat Jesus jou hoogste prioriteit is
    • Bid nou dat Jesus meer en meer prominensie in alle fasette van julle lewens sal inneem

Inleiding

  • Na aanleiding van die laaste paar preke – wat is jou verstaan van rentmeesterskap? En van ’n offergawe?
  • Definieer jou idee van ’n ryk persoon?
  • Hoekom dink jy daal mense se vrygewigheid (as persentasie van hulle inkomste) soos wat hulle inkomste vermeerder?

Teks

  • Lees 1 Tim 6:7-18
    • Hoekom is rykdom ’n onsekere ding om jou hoop op te vestig?
    • Wat beteken dit om ryk te wees in goeie dade?
  • Hartklop van die NT: God se buitensporige vrygewigheid teenoor ons dring ons om buitensporig vrygewig te wees teenoor ander – doen aan ander wat God aan jou gedoen het

Toepassing

  • Lees Fil. 2:3-4
    • Hoe ag ons ander mense hoër as onsself? Hoekom skryf Paulus dit voor? (vers 5)
  • Lees vers 12:
    • Hoe leef mens as ’n verloste en hoekom is dit belangrik?
  • Watter praktiese toepassing kan julle as groep maak om ryk te wees in goeie dade hierdie week?

 

Continue Reading No Comments

Bybelstudie – Omtrent Bybelse gee

Instelling

  • Sit met handpalms na bo op die knieë (teken van afhanklikheid) en laat elkeen ’n dankgebed doen vir die dinge waaroor hulle dankbaar is

Inleiding

  • Wat is jou opinie oor tiendes? Is dit ’n dissipline wat jy volg? Hoekom/nie?
  • Watter beginsels geld vir jou rakende offergawes (kollekte)?
  • Sou jy sê geld wat jy aanwend vir liefdadigheid kan ingesluit word by jou tiende of offergawe, of behoort dit apart gehou te word?

Teks

  • Lees saam 2 Kor. 9:6-9 & 2 Kor. 8:2-3,8
  • Volgens hierdie twee tekste, is daar ’n vaste riglyn in die NT vir hoekom ons moet gee?
    • Is daar ook ’n vaste riglyn vir hoe ons moet gee?
  • Hoekom het die Here ’n blymoedige gewer lief? Kan Hy ’n grimmige gewer se offer ook gebruik?

Toepassing

  • Wat gebeur met mense se leefstyl sodra hulle toegang kry tot meer geld?
  • Is dit moontlik om ’n cap/limiet op jou leefstyl te plaas ongeag die hoeveelheid geld wat jy ekstra kry?
  • Sou dit vir julle moontlik wees om hierdie maand ’n tiende van jou salaris vir die Here te gee? Sou jy meer as dit kon gee en steeds oorleef?

Uitdaging

  • Daag mekaar uit om net vir hierdie maand, met die dankfees, 29 Okt., so na as moontlik aan ’n tiende as dankoffer te gee.

Continue Reading No Comments

nha cai uy tin , nha cai uy tin , tap chi me va be , casino truc tuyen , casino uytin , casino totnhat , danh bai , poker online , casino , bao ve viet nam , bao ve viet nam , suc khoe , thoi trang nam 2014 , suc khoe 2014 , shop thoi trang , tin tuc thoi trang phim le , hi tech , tin cong nghe , cong nghe , thoi su , tin moi , thoi trang , the gioi smartphone , cong nghe , may tinh bang gia re , dien thoai , su kien , game mobile , nghe si viet , the gioi nhac , nha cai , dien dan bong da , best bookies, clevermart.vn , goldcare.vn , phonereview.vn , tinhangngay.vn , sieuthisachnoi.com , doctruyentranh.tv , sieuthismartphone.vn , kinhthongminh.org , thietbithongminh.tv , sieuthithietbiso.org ,