Gesels bietjie oor die groot volkshelde en sporthelde wat julle uit die verlede kan onthou
Wat het hulle reggekry, watter invloed het hulle op hulle gebied gehad?
Hoeveel van hierdie helde het nogsteeds relevansie, het altyd met integriteit opgetree, is nooit by enige skandale betrokke nie ens.
Teks
Lees saam 2 Samuel 1:17-27
Wat is jou eerste indruk van die teks?
Vanuit die teks uit sowel as jou kennis oor Dawid se lewe en ook Israel se verskeie ondernemings, wat kan jy aflei was die politieke klimaat waarin hierdie lied geskryf is?
Wat was Dawid se bedoeling met die refrein: “Hoe het die helde geval?”
Het dit net oor Saul en Jonathan gegaan of was daar ’n dieper boodskap daarin?
Toepassing
Tot watter mate stem die huidige politieke klimaat in SA ooreen met dié van 2 Samuel 1?
Watter emosies en reaksies wek die huidige stand van sake in SA by jou?
Wat is die dinge waarna mense gryp om sekerheid, standvastigheid en hoop te wek in hierdie tye?
Tot watter mate sou jy saamstem dat Jesus die enigste standhoudende ankerpunt vir ons hoop is?
Wat sou dit prakties vir ons lewens beteken? Met ander woorde, hoe lyk jou lewe anders wanneer Jesus die ankerpunt is van jou hoop, teenoor byvoorbeeld materiële sekerheid of politieke aktivisme?
Uitdaging
Dink as groep na oor hoe julle op grondvlak in ons gemeenskap deur ’n projek of ’n aksie, ’n verskil in iemand of ’n groep mense se lewens kan maak
om rasseverhoudings te verbeter, om sosio-ekonomiese omstandighede te verbeter, om dissipelskap te kweek ens.
Ons sal graag terugvoer wil hê oor julle projek en moontlik die gemeente daarby betrokke wil kry
Steek ’n kers op as teken van Jesus se teenwoordigheid in julle midde
Laat elkeen ’n ‘offergawe’ voor die kers neerlê (kan geld wees of ’n besitting wat vir jou baie waarde het), as ’n simboliese handeling dat Jesus jou hoogste prioriteit is
Bid nou dat Jesus meer en meer prominensie in alle fasette van julle lewens sal inneem
Inleiding
Na aanleiding van die laaste paar preke – wat is jou verstaan van rentmeesterskap? En van ’n offergawe?
Definieer jou idee van ’n ryk persoon?
Hoekom dink jy daal mense se vrygewigheid (as persentasie van hulle inkomste) soos wat hulle inkomste vermeerder?
Teks
Lees 1 Tim 6:7-18
Hoekom is rykdom ’n onsekere ding om jou hoop op te vestig?
Wat beteken dit om ryk te wees in goeie dade?
Hartklop van die NT: God se buitensporige vrygewigheid teenoor ons dring ons om buitensporig vrygewig te wees teenoor ander – doen aan ander wat God aan jou gedoen het
Toepassing
Lees Fil. 2:3-4
Hoe ag ons ander mense hoër as onsself? Hoekom skryf Paulus dit voor? (vers 5)
Lees vers 12:
Hoe leef mens as ’n verloste en hoekom is dit belangrik?
Watter praktiese toepassing kan julle as groep maak om ryk te wees in goeie dade hierdie week?