Bybelstudievrae: Hebreërs 3
HUISGODSDIENS/BYBELSTUDIE
LEES HEBREëRS 3 AANDAGTIG DEUR
1. Waarna verwys die “daarom” in die eerste vers? Hoekom moet ons dus “noukeurig let op Jesus”?
2. Hoe is Jesus dieselfde as Moses? In watter wyse is Jesus verhewe bo Moses en hoekom is hierdie tweede vraag so belangrik?
3. Wat dink julle skeep ons vandag die meeste af: Jesus se menswees of sy Goddelike wese?
4. Wat se implikasies het vers 13 vir mense wat sê hulle is Christene, maar hulle nie met die gemeente wil assosieer nie? Dink jy dit is makliker om afvallig te word van die Christelike geloof as jy nie aan ‘n gemeente behoort nie?
5. Wat beteken dit om in God se “rus” (vers 11, 18-19) in te gaan? (Matt.11:28-30) Kan ons nog vandag God se rus ingaan en hoe kry ‘n mens dit reg?
6. Hoe kan ons as gemeente of jy en jou Bybelstudiegroep of gesin vers 13 prakties maak?
7. Waarna verwys die aanhaling in Psalm 95? Hoe het die mense van Israel hul harte verhard? Wat was die gevolge? Wat beteken dit om weg te draai van God?
Trackback from your site.