Bybelstudie: Romeine 16
Bybelstudie:
Romeine 16
- Watter eienskappe in die gemeentelede wat Paulus in hierdie hoofstuk noem is vir hom belangrik?
- Watter rol speel vroue in hierdie lys, veral as ‘n mens in ag neem dat dit ‘n wêreld was wat deur mans beheer was?
- Watter stuikelblokke en skeuring moes die gemeente vermy (vgl. vers 17-20, 3:8, 6:1 en 15, 7:7, 9:14, en Gal. 5:2-6)?
- In hoofstuk 14 en 15 vertel Paulus hoe ons almal moet probeer akkommodeer – die sterkes in die geloof die swakkes en andersom. Hoe kan Paulus dan nou hier praat van mense wat ons moet vermy? Waar trek hy die streep?
- Is daar mense wat verdeeldheid in die gemeente veroorsaak? Wat is Paulus se raad oor hulle (vers 17-18)?
Trackback from your site.