Bybelstudie: Openbaring 14
Bybelstudie:
Openbaring 14
- Wie is die Lam? Wat het Hy al gedoen in Openbaring? Hoekom volg die mense Hom?
- Hoe verskil die Satan se werk (13:2-10) van God se werk (14:1-5)?
- Hoe verskil die Satan se ideologie (13:11-18) van God s’n (14:6-13)
- Wat beteken dit vir julle om God te “vrees”?
- Wat sou Babilon so spesiaal gemaak het, wat het daar gebeur? Hoekom word dit hier genoem en word daar gesê dat die stad geval het?
- Kan julle sien wat is die verskil tussen die ongelowiges en die gelowiges? Die gelowiges het iets wat die ongelowiges nie het nie… (14:6-13).
- Wat is die verskille tussen die twee dele (14:14-16 en 14:17-20) van die visioen wat vanaf vers 14 beskryf word?
Trackback from your site.