Bybelstudie: Johannes (Ek is)
BYBELSTUDIE OOR DIE “EK IS” – UITSPRAKE VAN JESUS IN JOHANNES
Daar is sewe “Ek-is” – uitsprake van Jesus in Johannes.
- Lees Eksodus 3:14 vir die agtergrond van Jesus se uitsprake. Hoe help hierdie teks ons om Jesus se sewe “Ek is” uitsprake te verstaan?
- Johannes 6:35. “Ek is die brood vir die lewe.” Wat wil Jesus met hierdie eerste “Ek is” uitspraak sê?
- Johannes 8:12. “Ek is die lig vir die wêreld.” Wat beteken hierdie tweede “Ek is” uitspraak van Jesus?
- Johannes 10:7. “Ek is die deur vir die skape.” Gesels bietjie oor hierdie derde “Ek is” uitspraak van Jesus. Wat is die funksies van ‘n deur?
- Johannes 10:11. “Ek is die goeie herder.” Lees ook Psalm 23 en gesels oor wat hierdie vierde “Ek is” uitspraak van Jesus vir jou beteken.
- Johannes 11:25. “Ek is die opstanding en die lewe.” Watter troos bied hierdie vyfde “Ek is” uitspraak van Jesus vir jou?
- Johannes 14:6. “Ek is die weg, die waarheid en die lewe.” Hoe verryk hierdie sesde “Ek is” uitspraak van Jesus die vorige een?
- Johannes 15:1. “Ek is die ware wingerdstok.” Lees lied 273:1-4. Wat beteken dit vir jou?
Trackback from your site.