Bybelstudie: Hebreërs 13
Huisgodsdiens/Bybelstudievrae:
Hebreërs 13
1. In watter areas moet broederliefde getoon word? Wat is die gevolge vir dié wat dit doen? En vir dié wat dit nie doen nie?
2. Watter leiding gee vers 5 vir finansiële besluite? Hoekom moet ons kommervry wees as dit by geld kom?
3. Hoe moet ons na ons leiers kyk en hoekom?
4. Wat wil die skrywer sê deur verse 9-14? Watter offers wil God wel hê (vers 15-16)?
5. Hoe sou jy die Christelike leefstyl opsom as jy na vers 1-19 kyk?
6. In watter van die volgende ses areas het jy al die meeste gegroei en in watte een moet jy nog baie groei:
a. Om mekaar lief te hê soos broers en susters;
b. Gasvryheid;
c. Omsien na hulle wat lyding ervaar a.g.v. hul geloof;
d. Om jou huwelik sterk te hou;
e. Om God liewer te hê as geld;
f. Om jouself aan leiers te onderwerp;
7. In watter een van hierdie ses areas is ons gemeente die sterkste in? En in watter een die swakste?
8. Probeer die Hebreër-boek opsom in ‘n paragraaf. Wat is die belangrikste dinge wat die skrywer vir die Hebreërs wil sê? En vir jou?
Trackback from your site.