Bybelstudie: Handelinge 19
Bybelstudie:
Handelinge 19
- Hoekom is Paulus na Efese toe (vergelyk hoofstuk 18)?
- Wat leer ons uit hierdie hoofstuk oor geloof in Jesus en die ontvang van die Heilige Gees (vers 1-7)?
- As ‘n mens na hierdie hoofstuk en die res van Handelinge kyk, wat was die teken vir Paulus om nie meer in die sinagoges te preek nie? Hoekom dink julle is dit so? Wat sê dit vir jou van hoe ons na mense toe moet uitreik met die evangelie?
- Gebruik mense vandag nog vir Jesus vir hul eie voordeel? Noem voorbeelde…
- Wat was Demetrius se motiewe om die christene te vervolg? Sou Demetrius ‘n Christen kon word en sy besigheid behou? Is daar mense wat vandag ook voor so ‘n keuse te staan kom –tussen hul besigheid en Christus?
- Wat begin het as artemis-aanbidding het geeïndig as Artemis-besigheid. Hoe kan Christene vandag in dieselfde slaggat val om Christus-aanbidding te verander in Christus-besigheid?
Trackback from your site.